Jaco & Landi – 22 July 2017

Jaco en Landi. Die twee mense met die sagste siele. Opreg,  deursigtig, nederig. Twee sulke dinamiese mense met hulle voete plat op die grond. Hulle was ‘n“no-nonsense” paartjie wat presies geweet het wat hulle wil hê. Twee mense wat onaangeraak deur alles om hulle, net hulle eie stempel kom afdruk het. Hulle troue was natuurlik en ongekunsteld,  klassiek met diep wynrooi en aardse groen, rou hout en ‘n tikkie ou wêrelds.  Landi – met haar beeldskone gelaatstrekke was klassiek en stylvol, sag en eerlik. Jaco was die absolute heer wat almal met die grootste respek behandel het, iemand wat  op ‘n sagte manier ons wêreld kom skud het. Hulle sê mos: “In a gentle way you can shake the world”. Twee mense wat ons kon ervaar met onvoorwaardelike liefde vir mekaar en vir al hulle gaste.  Twee mense wat ook deur hulle eie meule is, maar wat nie enige oomblik vermors het om te leer en ongelooflike mense met onkreukbare karakters te word nie.  Jaco en Landi het ons harte weer kom laat warm klop en ons kom herhinner hoeveel wonderlike mense daar nog is.  Ons voel so gerus want ons weet, hulle het mekaar gekies, om mekaar vir elke dag vir ewig van voor af weer te kies. ‘n Liefde wat baie meer as ‘n gevoel is, ‘n dissipline, ‘n keuse vir ewig. ‘n Pragtige troue met alles wat geld nie kon koop nie , met die mooiste fotos wat storie beter vertel as wat ons ooit sou kon doen. Jaco en Landi se voetspoor: outentiek en rou en soos julle weet heg Imperfect Perfection groot waarde aan egtheid.


Click on the featured image to view this gorgeous wedding.