Human & Loura – 4 February 2017

Toe ons  bruinoog, blas bruidjie by ons deure instap en net daarna haar “gentle giant” smelt ons harte.  Hierdie pragtige bruid met haar lang bruidegom is so lief vir mekaar. Hy kyk kort kort vir haar met die sagste oë en ons weet, waar hulle ookal trou maak nie soveel saak as dat hulle met mekaar trou nie.  Ons was so bevoorreg om hulle dag te kon deel by Imperfect Perfection. Human en Loura se troue was pragtig, natuurlik, eg en ongekompliseerd. Hulle foto’s is asemrowend, maar vir ons, is daar nie ‘n nommer wat ons kan plaas om die gevoelens wat ons die dag sien en ervaar nie. Kerse wat brand is ongelooflik, maar ‘n warm atmosfeer met twee mense wat se harte vir mekaar klop, laat ons telkens sprakeloos.


Click on the featured image to view this gorgeous wedding.